Jongste aktiwiteit:

Die waarde van ‘n goeie onderwyser

Gister het ’n boom in my lewe geval. ’n Groot Geelhout in die middel van ’n digte reënwoud. Die blaredak, waar sy eens die sonlig kul-kul van ons af weggehou het, is oopgeruk en hemel kyk onbeskaamd op ons neer.
Harsteer wil ek gryp na bedekking wat my dalk nog kan beskerm teen die ongekende lig wat my so skielik ontbloot, hierdie lig wat my tot aan die wortel wil aanraak en wil uitdaag om nou self daarin te groei.
Besef vat stadig by my pos en skielik is daar verstaan. Kyk hoe hoog staan ek. Kyk hoe lank en sterk het ek gegroei. Kyk tot waar strek my takke en hoeveel van hierdie blaredak te danke aan my eie groen is. Kyk hoe beskerm ek my eie jong lote. Kyk hoe hou ek ook die son van hulle af weg sodat hulle reguit en vier kan groei totdat hulle ook kan deel raak van hierdie hemelse groen.
Dit is met min son en baie water dat bome so kan pyl na die hemel. Dit is ’n fyn balans wat geskep word: die regte temperatuur, die nat-klam lug en die ewige half-modder waarin sade gretig wortel skiet.
En dit is eers met ouer word dat mens dit werklik begin verstaan.
Min beroepe sien soveel opoffering en toewyding as die onderwys. Soveel nagte sonder slaap, soveel harte wat in onbaatsigtige oorvloed aanhou gee. Soveel tonge wat in liefde aanmoedig, vertroos en berispe. Soveel trane wat ongesiens in middernagsure vloei. Soveel trots vervat in een wese verdeel tussen honderde en soms duisende jong dogters en seuns —selfs wanneer die jare al hul jeug kom haal het.
Vir meeste van ons het hierdie ontmoeting met ’n ewige leerkrag en invloed in ons kleuterjare begin. Ek is bevoorreg genoeg om reeds vanaf geboorte ’n familie vol onderwysers te kon hê; ’n familie wat met die jare gegroei het en wat steeds my lewe vul. Vroue en mans wat elkeen op hulle manier my groei en ontwikkeling aangmoedig het.
Hulle het meer aan ons geleer as net vakinhoud. Daar was lewenslesse, voobeelde en motivering. Vertroue en gloof in ons vermoë. Omgee. Liefde.
Selfs na skool, waar ek as student geproef het, later skoolgehou het en vandag aan die hoof van ’n departement staan, lewer hulle nogsteeds hul bydrae in die besluite wat ek neem. Hulle bly ewige mentors en aanmoedigers. Padaanwysers.
Ek is vandag dankbaar dat die Liewe Vader hierdie mense geskep het. Ek is danbaar dat ek deel van hulle kan wees. Ek bid dit toe vir elke kind. As jy net een onderwyser het soos die verskeie wat ek gehad het, is jy ryk.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak