TEETYD SE ONTHOUGOETERS
TEETYD SE ONTHOUGOETERS
Ek sit en drink tee en dink sommer aan n klomp goeters; en toe kom val teetyd in die Hemel oor my hartstafel nes n bruidssluier vol skitter onthoupêrels….
Meneer was nes Sy Seunskind. Hy het nooit omgegee of geraas as daar per dalks per ongeluk ‘n teedruppel of ‘n stukkie Sunsparkle biscuit op Sy witterste wit klere gemors het nie. Dan het Hy net gelag en mens se hare laggend deurmekaargekrap en ‘n stukkie Sunsparklekrummel uit Sy snor gehaal….. ‘Dance then.
Wherever you may be’ en tussen die feesvier deur het Meneer altyd die mooiste stories vertel. Stories van. Van die wêreld se heelvoorste begin en ander geheimlike goeters en die see se branders en die arend se hoogvlieg vlerke. Enne van my Hero toe Hy nog eers klein gewas het op die aarde. Hy moes eers met sy lyf aardetoe gekom het soos ‘n regte seunskindmens-mens. Cause why omdat en oordat daai ander kroek kerkouens Hom moes doodmaak met ‘n gevloekte stuk hout en sulke laaaaang spykers…. ‘Toe die spykers deur die Bloed daai Houtkruis kraak’ – hamer. Spyker.
Meneer en Hero het geweet dat net rêrige-êrige HeroBloed die simpel maaifoedie, tweegat jakkals van ‘n blêrrie elcheappo eers vir altyd kon gewen het. Anderster het die slegte elcheappo ál die mense op die hele aarde (nie die halwe aarde nie – die hele-hele aarde!) vir homself gevat en van hulle sulke slegte, skelm mense gemaak wat nét eers vir hom mag liefwees (JIGGIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!) en vir hom mag bid. Sies gapoe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dis eers baie stupid, maar daar is party ander stupid mense wat eers honor bright lief is vir daai vieslike tweegat jakkals. En vir hom bid ook. Oordat hulle dink hy’s ‘n hero en hy weet hoe om herogoeters te doen. Maar.
Maar nê; hy lieg die blou van die hemel af. Oordat hy nie eers weet hoe liefhêgoeters werk nie. Ook nie hoe mensbabatjies eers binne-in Meneer en my Hero se hart moet bly voordat hulle op die aarde gebore moet word. En hy sou soos ‘n maervark-bangatsissie geskreeu het as iemand niemand probeer het om spykers deur sy lelike hande en voete te kap. Cause why omdat en oordat hy nie ‘n hero kan wees nie al probeer hy sy hele se beste. Oordat hy nie Liewe Jesus is nie……. ‘They buried my body. And they thought I’d gone.
But I am the Dance. And I still go on.’
Lief jou, Hero; altyd – tot een minuut nadat die ewigheid verby isxxxxx
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en los altyd plek binne-in jou hart vir die engele om te dans.
©Liza Daniells
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.