Jongste aktiwiteit:

nagwolf

jare se vier ure slaap nagte
het sy tol gehef op moeë liggaam
ouderdom het maar sy probleme nê
dit wat as vanselfsprekend gekom het
word nou harde werk en is stresvol

ure se duine-drome maak my vry
vry van jare se pretensieuse werksbelang
voortbestaan lê in harde werk was die leuse
terwyl die wat weet sê: dit lê in slimmer werk
nou dat werk nie meer dikteer stop begeer

laat aande se sosiale media en studie
werk in op mens, oumens se daaglikse lewe
ou mense moet langer slaap om lewenskwaliteit
te handhaaf en te verbeter, sê medici wat glo weet
hoe hanteer jy nou die kort slaap sessies

elke strand het sy duine en sitplekke
waar mense van oral kom dink en uitrus
het jou strand ook sy eie duin van sweef
van beplan, herleef en vandag se beleef
my lewe is te kort om te veel te slaap

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed