Parmantige Haan
Douvoordag kraai die haan saam met die son. Hy raas die hele werf wakker waar hy nog gaap-gaap onder die ou sinkdak skrop. Die voëltjies in die bome kwetter. Hy loer hulle deur ‘n poepoog en kraai nog ‘n keer.
“Stilte, man, kan julle nie sien ‘n man is moeg nie,” kla hy.
“Jy wil mos so vroeg opstaan,” kwetter hulle verder.
Hy draai sy stert punt in die wind op hulle en draf windpomp toe. Miskien sal hy daar rus en vrede kry maar die reën val in groot vet druppels op sy kop. “Ag, tog. Nou is ek sopnat,” kla hy weer en kry weer skuiling onder die ou sinkdak. Vies kyk hy op na die lug en sien die allermooiste reenboog net toe die druppels skielik weer ophou. Hy spits sy ore. Die hele werf is doodstil. Aaah, nou kan hy sy verlore slaap inhaal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.