Jongste aktiwiteit:

Wanneer dit stil word . . . en sy dans

Wanneer dit stil word
jou voete nie meer kan weg hardloop
van die gemis in jou hart

Wanneer dit stil word
niemand meer met jou praat
hoor jy net nog die stemme van gister in jou hart

Wanneer dit stil word
daar niks is om jou meer te verlaat
klem jy vas aan die herinnering van die lag-gevulde gisters in jou hart

Wanneer dit stil word
jy jou hart se stem duidelik hoor praat
begin jy ‘n nuwe lied neurie oor die skone môres wat nog in hul moederskoot wag!

Hoor jy die melodieë
vind jou voete terstond die ritme
dans jy op die akkoorde van ‘n nuwe vreugdelied
dans jy asof niemand kyk
dans jy die siele-letsels deur al die gisters gelaat – uit
‘n nuwe skone môre in!

©Marsofine Krynauw
22 Desember 2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed