Digters wat belangstel: KREATIO Digkompetisie 2020 – Sluitingsdatum 31 Maart 2020
LET ASB OP: INK Skryf in Afrikaans adverteer net die kompetisie en is verder op geen manier betrokke by die beoordeling/terugvoer en/of enige ander manier nie.
Neem deel aan Kreatio se 2020-poësiekompetisie! Voltooi die onderstaande vorm om in te skryf. Elke digter mag drie gedigte inskryf (een gedig per onderwerp). Lees die kompetisiereëls en meer inligting onderaan hierdie blad.
Onderwerpe:
Seisoene
Tydreise
Liefde in enige vorm
Algemene kompetisiereëls:
Die kompetisie is oop vir enige digter, ongeag ouderdom of vorige publikasierekord. Deelnemers onder die ouderdom van 18 moet asseblief ‘n toestemmingsbrief van ‘n ouer/voog aan poetry@kreatio.co.za stuur.
Die gedigte mag in Engels of Afrikaans geskryf word.
Slegs een gedig mag per onderwerp ingeskryf word (ongeag Afrikaans of Engels).
Gedigte mag nie langer as 20 versreëls wees nie.
‘n Afsonderlike inskrywingsvorm moet vir elke gedig ingevul word.
Slegs aanlyninskrywings sal aanvaar word. Vul die vorm op die webtuiste in.
Geen voorheen gepubliseerde gedigte, hetsy in drukskrif of op ‘n webtuiste of op sosiale media, sal aanvaar word nie.
Die inskrywings is onderhewig aan keuring.
Geen plagiaat sal geduld word nie. Indien die skrywer hom-/haarself daaraan skuldig maak, sal die inskrywing gediskwalifiseer word.
‘n Onafhanklike paneel beoordeel die gedigte. Die beoordelaars se besluit is finaal, en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie. Beoordelaars, lede van die Kreatio-span en hulle families mag nie aan hierdie kompetisie deelneem nie.
Geen korrespondensie sal gevoer word nadat die gedig ingedien is nie. Gedigte mag nie verander word nadat hulle ingeskryf is nie.
Kreatio behou die reg voor om die wengedigte/gedigte na afloop van die kompetisie te publiseer (in watter formaat ook al). Die digter behou kopiereg en erkenning vir die gedig sal deurlopend aan die skrywer gegee word.
U inskrywing in die kompetisie beteken dat u hierdie reëls aanvaar en dat u toestemming gee dat u gedig spel- en taalversorging mag ondergaan sou Kreatio besluit om u gedig te publiseer.
Die sluitingsdatum is 31 Maart 2020 om 23:59. Geen inskrywings sal daarna aanvaar word nie.
Pryse:
1ste plek: 50 gedrukte eksemplare van jou bundel, geborg deur Groep 7 Drukkers (Pty) Ltd
2de plek: ‘n Kreatio-geskenkbewys ter waarde van R3 000
3de plek: ‘n Kreatio-geskenkbewys ter waarde van R1 500
Plaas jou inskrywings hier: http://kreatio.co.za/2020/
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.