Pen
gedagtes en instruksies geskryf
met kinder tot verblykte oumens hand
blanko papier is so versier
in primêre kleur
van swart.
blitsig versend boodskappe nou
met klik op swart plastiek
wat klinies dieselfde print
in duisende kleure
of in swart.
nou vergader penne in oubaas laaie
te werklik om weg te gooi
nog vol gedagtes
wat stadig verdof
soos ink.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.