
Boeke
In boeke
lê mense lewens,
opgestapel in rakke
biblioteke vol gevoelens
sonder fisiese fondasies,
vol van mede wesens.
In stil momente
kom die geur van
ou boeke
wat oop maak
met wierook
wysheid
en
twak.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Hemelbesem
Mooi. Atmosferies suggestief. Hou van die dubbel betekenis van "twak"