soeter as heuning
heuning soet hang druppels
vanoggend oor my wange
my duin se sand is klam
reeds vroeg die sagte mis
wat opstyg uit die see
soos wasige gordyn
soet lê my taal op my lippe
soeter as die moedersmelk
van eergister se herinneringe
wat duisel van gedagtes ver
wat soms seermaak so soet
soms met moederstem neurie
elke sorgvolle dag wat verskyn
word beleef in dankbaarheid
gaan verby om nooit te herhaal
word gebêre in diepste rakke
heuning gesmeer en bewaar
so kom daardie oestyd nader
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.