Kom gesels met my . . .
Hier onder die knus ou wilgerboom
wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind
waar ons as kinders kon speel en gehieme deel
mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel
wis ek lank reeds jy’t vergeet
van vrolike sonskynsomers
en koesterknus winters
jou menswees reflekteer
‘n seerkrykant
teen onthou se skaduwand
maak oop jou toegemesselde hart
haal af die skeptiese oordeelsbril
wat jou gemoed en denke so verblind
sodat jy weer helder (en duidelik)
die waarheid kan sien
kom gesels met my
sodat jou binnemens
weer vrede kan vind.
©Driekie Grobler
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.