MY AKKER
MY AKKER
Ons huis is T-vormig. Die „langhuis” is ‘n ou veldskuur uit vorige eeue: Dit staan buite die oorsproinklike dorpie aan die grens van die buurgemeente en is om- en uitgebou, toe Bismark in die sestigerjare van die neëntiende eeu die algemene skoolplig in die koninkryk Hannover ingevoer het, om die nuwe skool vir albei dorpies (gehuggies) te beherberg..
Oorsprnklik was daar stoorplek vir hooi op die planke oor die stalle. Dis ‘n drie-stander-vakwerk gebou, uit eikehout en rooi bakstene, agt meter breed met ‘n ry standers langs die middellyn. Dit het ‘n rietdak gehad met dertig-sentimeter dikke balke(!) uit dennehout. Toe die skool kom, is ‘n vier-stander deel agter aangebou vir die onderwyser se perdekarretjie en ‘n paar stalletjies weerskante vir ‘n vark, skape, hoenders en sy ponie.
Die dwarshuis kyk na die suide uit en is in twee stappe aangebou: Twee ses-by-nege klaskamers vir twee dorpies met altesaam ongeveer ses of sewehonderd inwoners. Destyds was die klasse groot – tot sestig kinders van graad een tot agt saam. En die boere het kinders gehad om die klaskamers te vul! Op ‘n foto van 1904 is tien of twaalf „Konfirmanden”, aannemelinge met net die een klaskamer klaar gebou. Dit was slegs die kinders van daardie jaar en vandag het ons nie eers soveel kinders altesaam op ons dorp nie!
Toe ons kom, het ons die skoolhuis met 220 vierkant-meter woonruim stuk-vir-stuk bewoonbaar gemaak; toe ons kinders kom, die ou „Heuboden” (hooilaer oor die stalle) ook. Nou woon ons bo in die skuinsmuurafdeling met buite-trappe en balkon in die noorde. Van daar uit kan ek op buurman se akker uitkyk. Natuurlik is dit nie mý akker nie, maar ek leef met hom saam en hy met my.
Dis seker die grootste akker in een stuk wat ek hier gesien het – byna Suid-Afrikaanse mate: Agt-honderd meter van ons af na die hoofpad en ongeveer twee kilometers aan die hoofpad langs van die kruispad regs tot die eintlike toegangpad vir ons dorpie links. Aanvanklik was daar meer boere en kleinere akkers en „handhaafbare” stukke van die verskillende families met verskillende gewasse: Hier gars, daar rogge, daardoer koring, en êrens anders voer- of suiker-wortels en braakland. Die boere het destyds mekaar gehelp met ploeg, oes en sulke dinge. Toe ons kom was daar oorland-stroommaste op die akkers met die kabels wat oor die gewasse gehang het. Naby die stroommaste, waar die trekkers nie kon indring nie, was lewerik-nessies en in somer kon ons die musiek van ‘n half-dosyn soloiste hoor. ‘n „Großtbauer” (grondbaron sou ons miskien sê) het die hele gebied in pag en kweek aartappels vir sy vyf-duisend varke.
Van my balkon uit kan ek noordwaarts anderkant die hoofpad die bome sien wat die opstalle langs die pad omsingel, links buurvrou se truin wat „met ‘n pinset” gepleeg word, links, is ons bome wat, saam met ons huis, die windskerm is vir die helfte van die huise in ons kleinwoonbuurt. Voor my lê ons tuin, bietjie wild, ongepleeg met verrassinkies elke hier en daar.
Ek verbeel my ek is soos Adam – met rubberskoene aan en stinkpyp in ny mond.
ëëëëÏïïïïï„„
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.