Jongste aktiwiteit:

Sigaar Meisie

Virág giggel oor die nuwe plakkaat op die muur: “In compliance with the 18th Amendment NO intoxicating liquor allowed on the premises.” Reg langs dit is ‘n toring sjampanje glase gevul met die glinsterende, borrelende drankie.

Die orkes speel die wonderlikste klanke – jazz. Ongetroude paartjies dans wild op die musiek onder die bruin-geel ligte van die ondergrondse Speakeasy. Ander sit om tafels en drink wat ook al hulle kan bekostig. Mans en vrouens rook. Almal kuier lekker.

Virág loop tussen deur die tafels met haar skinkbord aan ‘n band om haar nek.

“Sigare? Sigarette?”

Sy verkoop meer as net dit. En haar werk is meer om seker te maak dat almal hulself geniet as om iets te verkoop…

Haar rooi hout skinkbord staan uit teen haar swart rok. Die moulose rokke wat net onder die knieg eindig is ‘n drastiese verskil van die modes van net die vorige jaar. Virág verstaan. Sy het die Eerste Wêreld Oorlog oorleef – nes almal daar. Maar waar sy nog weet wie sy is, waar sy in pas en wat haar toekoms is, weet die jong mense daar nie enigiets meer nie. Hulle wil net vir die oomblik leef. Hulle wil hulself geniet.

Sy wens sy was weer terug in die berge van Hongarye. Sy mis die ander Tündér. Sy mis die sprokiesagtige tuine, die danspartytjies onder die volmaan, die fabelagtige kastele.
Maar dis hul geswore diens om dié te versorg wat niemand anders het nie. Gewoonlik weeskinders en die verstote. Maar na die oorlog het die laggende jong mense om haar, haar verskriklik nodig. Sonder haar sorg sal hulle hulself dood speel. Hulle sal net drink, lag, dans en rook. Sonder haar praatjies in die stiltes tussen drankies en sigarette, sal hulle verval in hul ontnugtering wat die oorlog gebring het. Sonder haar aanmoediging sal hulle dans totdat hulle uitbrand. Sonder haar hulp, sal hulle hul dae ook deur drink in plaas daarvan om ‘n nuwe wêreld op hul terme te bou.

Virág sug saggies soos die hartseer agter die wilde note van die jazz orkes oor haar spoel. Sy haal een van die kostelose pêrels uit die versiering in haar hare uit en gee dit vir die jong vrou wat lusteloos aan haar sigaretstokkie teug.

“Gaan skryf jou spioen boeke. Gaan doen wat jou gelukkig maak,” sê sy en omvou die vrou se hande om die pêrel. Lig flikker op agter haar dowwe irisse. Met ‘n glimlag en ‘n ware wip in haar stap verlaat sy die Speakeasy.

Virág glimlag. Soveel soos wat sy wens dat sy by die huis was, help sy baie meer in die Speakeasies van Chicago.
#
440 woorde
Silwer
#
Vir meer oor die feë in hierdie storie en oor die 1920s, besoek my webtuiste.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak