EN PASSANT (silwer)
en passant
in eeue-oue wentelbaan
sleep dof die asem van die maan
waar een by hitte van ‘n vuurtjie hurk
luier liefde in die pad se vurk
in die verbygaan oë wat groet
met minnewoorde swygend soet
maar voordat hande vas kon gryp
het son by maan verbygedryf
ongesê, in as gelê
statig-stil die kans verspil
© Barbara Smit – 11 Sept 2020
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Pragtig en baie waar... Ek sal graag wou weet hoeveel meer gelukkige mense daar sou wees as ons nie so sukkel met ons gevoelens nie? Kom ons dig maar... Ons leer deur te ander te lees en kommetaar te lewer. Ek het onderneem om ń kommetaar telling teen 10% of beter vd aantal eie plasings te onderhou. Kan ek jou vra om dieselfde te doen en so die Ink ervaring vir almal te verryk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek