Vier Seisoene
Ek sien jou in elke seisoen
jou glimlag warm soos die somer
straal jou ogies met liefde daarin
en elke kuiltjie diep getooi
wintertye bring ‘n vreemde jy
terwyl die koue oor jou gelaat lees
tog wonderbaarlike weet ons die liefde is daar
yskoue bring vrede saggies mee
herfs dae terwyl die wind elke kleur stroop van die bome
beur jy vorentoe met soveel drif in jou
gelate laat vaar jy maar sterk sal jy staan
weet ons niemand kry jou onder
in lente tyd blom elke ledemaat
sien ons hoe dans jy op die musiek se maat
borrel woorde oor jou lippe
van uitgelatenheid terwyl stormwinde saggies loei om jou..
©Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.