Jongste aktiwiteit:

Waar ons vlinders fuif

Waar ons vlinders bandeloos fuif,
vlieg minute in swerms verby
terwyl ons verbete baklei
om die sterfuur opsy te skuif;

voor dit sout in die wonde vryf
wat heimwee beendiep in ons sny;
waar ons vlinders bandeloos fuif,
vlieg minute in swerms verby.

Soos sekondes die tyd aandryf
en dageinde die oorhand kry,
voel ék jou deur my vingers gly
as ons tyd saam soos strooi verstuif
waar ons vlinders bandeloos fuif.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed