Uit die poesakas
Moeder het my maak staan
luidkeels om die linies te vermy
maar sterk genoeg om in woord te wei,
die A’s was almal ingepak
kort van draad sonder die twee K’s
om die vroegheid van jeug te vermaak;
soos lewe pyl
verby al die moeders wat huil
sit hul seuns by ‘n kuil
met stories wat hul ruil
want dis uit die poesakas
bekorings wat ons verbaal.
©Morné du Preez
#Bronteks Moderator gedig.
#Poesakas-erfstuk
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2021 – intertekstualiteit projek