Vervalle Museum
goeters staan teen
verf af swart kol mure
bruinvlek fotos skeef
alles ń bietjie dof
agter kraak glas
lê kante opkrul boek
in vassteek laai
vertoonkas
buite helder
agter skoon glaspanele
te koop goedere uitgestal
vroue in blom rokke
tussen museum en
môre moderne beelde
is die huidige utopia
so onbereikbaar
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Hier lê 'n mooi boodskap!