Jongste aktiwiteit:

Bitterstryd

agter verlate deure bly stukke van my
in haatvol aande en tralies van trane,
‘n verblinde oorlogstryd
met fotos van engele
en ek wat vergeet
van liefde en haat,
want die hoekoms en sommers
is te laat,
gebreek saam skerwe wat my wakker hou
alles wat jy nie wil van weet
die stukkies binne my-
mooi bly die diepste sny
soos ‘n weggooikind op straat
wat in donker hoekies slaap,
bitter-stryd nog nie verby
bitter-spyt en jy sien nie vir my
in hiérdie donker stegie bly

©Morné du Preez

# Depressie het vele gesigte.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak