tokkel
–
tokkel – tokkel
my twee vingers
letters op sleutelbord
woorde wat soms geen sin
maak verskyn uit takelwerk
van breinselle wat vloeibaar
geluide probeer maak
in andersins stil
wêreld waar
min geluide
oorloop in woorde
wat gesien, gelees kan
word deur ou oë wat
verrimpeld staar
na stil spoor
musea
–
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek