Jongste aktiwiteit:

Visserman

daar staan hy in sy vissersman gewaad,
in sy heimwee dink hy terug
aan eens ons geskiedenis
en praat met homself
was ek maar iets anders
maar nou is ek ‘n visserman
swoeg en sweet ek vir my gesin
maar die hele wereld lê onderstebo
hier staan ek by my skuitjie
en my verlange tuur die verte in

vroulief wag vir my
maar daar was geen vis vandag
moeg en verward kom hy voor
want in sy binneste
lê ‘n onbekende gevoel
wat maak hy sonder niks
stuur hy gebede na bo
Here wees ons tog net genadig
skielik weet hy in sy binneste
dit is die enigste uitweg
om eerder aan Vader se Sy te wees

besef hy moedverlore se vlakte
sal hom nie raak
want weet hy binnekort
sal moeder natuur sorg
stilweg verskyn daar ‘n glimlag
en spreek hy lewe oor homself
niks gaan hom onderkry
want sorg sal Hy sorg
op die regte oomblik

Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed