Deurdruk Glimlag
Deurdruk Glimlag
Regdeur die Himalaya’s tot Mount Everest se hoogste kruin,
waarlangs ek daagliks beur
het my gelowige stapskoene hul sole al erg verweer
genadiglik word ons wandelweg ook met veggees ingekleur
Berge sal jy blindelings klim teen ‘n linieêre lyn
as donkerte toesak en die son nie meer oor jou aangesig skyn
hierdie onverstaanbare langpad het jou met soveel plunderhoue ingewag
maar soos ‘n ridder hys jy elke keer
die oorwinnaarsvlag
Weet net…
jou ruspouse lê ook om die draai en wag
want elke opdraende pad volg gewoonlik met ‘n deurdruk glimlag
Krag ontbloot homself juis op die moeitevolste reis
waar vrede,
dankbaarheid
en
genade
dapper wapper en waai
aan ‘n Redder se houtkruis
Net soos ons moes Hy ook sy berg trotseer
die langpad loop vol seer
gevolg met ‘n deurdruk glimlag
soos Hy ons een vir een in die hemel inwag
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.