sê niks
–
sleurend klink die roep van die visarend
deur die klowe styg die klanke op na bo
antwoorde kom in elegante weerklanke
oor die kabbelende helder waterstroom
–
uitdagend blaf die bosbok ram se stem
oor bulte en heuwels baken hy sy gebied
ver in ‘n kloof kom uitdagende antwoord
deur bos en rant bly hul veilig aan hul kant
–
weemoedig klink die ewige alarm op
tussen wit huisies teen die blou see
loeiend kom reaksie mag aangedrom
helaas, te laat vir haar en hom verstom
–
so klink die lied van die moderne lewe
geskoei op die valse humanistiese leer
natuur in harmonie verskans het ‘n kans
maar mense lewens het reeds vervaag
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.