Jongste aktiwiteit:

Augustus 2022 – My huis is my woning projek

Beste INKers

Alhoewel hierdie maand ‘n oop projek is, wil ek tog ‘n tema daaraan koppel. Dit sal nie noodwendig in die toekoms van toepassing wees op alle oop projekte nie, maar dit bied vir my spasie wanneer die by in die enjinkap ‘n geraas in my oor maak en ek die bevlieging kry, om dit so aan te bied.

Die tema vir hierdie maand is:
“My huis, my woning…”
Ek het nie nodig om te sê nie, maar dit kan metafories, of op elke manier ookal, geïnterpreteer word. Dit hoef nie ‘n baksteen en sement skryfsel te wees nie.

Daar is geen ander voorskrifte nie, behalwe dat jy die tema interpreteer om jou unieke aanbieding te verwoord.

Skryf in Afrikaans…die meeste slim mense doen.

Skryf lekker.
Prjoekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed