Onbekende Vriend
deurdie malende lywe
met onbekende gesigte
wriemel vreemdes
in besige strate
waar geen oog
die ander vang
die gewoel gaan aan
elkeen ongeerg oor ander
dan vries die oomblik
een oog in ń ander
die fraksie van sekonde
is ń ewigheid
eeue oue redes word ontbloot
die wete spoel egter gou weg
in die geraas
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.