Vryheid met ‘n prys (Silwer)
Waar branders weerbarstig breek
teen rotsrand van die bou-bloue see;
sproei spattigspeel teen kliprots val
en terugtrek in die water se maal,
brekende golwe die wye strand bekruip;
klotsend teen die goue sand duik
om in skuimkomers weer saam te kom;
in die see as eenheid saam te drom.
So draai die lewe ook met my mensesiel
so waai hy my rond en los my verniel,
laat my dink ek het die stryd oorwin
dan gooi hy my weer in sy bose kring.
Vryheid kom met ‘n peperduur prys
dit is ongetwyfeld deur die eeue bewys.
Paula Paxton©
Voetnota ( Neologismes)
Spattigspeel – teen die rotse breek in vreugde
Skuimkombers – die skuim van die see lyk soos ‘n kombers
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2023 BLOU projek