As ek swak is
Dikwels is ek sagte kruid;
so dikwels is jy rots.
So onvermybaar die gevolge
as plant teen klip sou bots.
Want steen verguis ‘n tengere
en dink daar nooit weer aan;
kruid buig laag, tel haar wonde –
moeisaam sal sy op moet staan.
Maar mettertyd word swakke sterker;
sy leer – haar broosheid is haar krag.
En dat een wat blom en vrug dra
(eindelik) veel meer
as ‘n reuse rots vermag.
© Carma Shaw
10 Junie 2018
13:30
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.