ONDER OË HOU
ONDER OË HOU
gooi jou kaarte
draai jou ratte
smee jou planne
en vloek jou vloeke
alles
rat-a-tat geraas
tot niks
my oog kyk
vierkantig
in jou doodswart kykers in
en doelgerig
deur donker tonnels opweg
na ewige verderf en smaad
verby gekners van geelvrot tande
en geween van swaelvrot asemhorte
jou laaste
verdoemende
lag
tot diep
binne
in
jou leeggeloopte skedel
jou eggolose
arrogante
liefdelose
Godsverlate
kop
vol bose planne
en slinkse rat-a-tat-verdraaide leuns
alles leuens
al les:
rat-a-tat
verdraaide
leuens
©Fanus Strydom
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek