Diep skuil die Verlange
klein en fyn in haar wese
porselein diep gebreke
skuil daar ń verlange
vir ewig is hul begrawe
in denke wat worstel in die stryd
diep in twee blou oë
lê die verlange so ver weg gebêre
maar wanneer dit die hartsnare raak
kom lê die trane vlak op die ooglede
haar houding weerspieël die siel
se gemis in twee klein wesentjies
raak mens bewoë wanneer haar mond
alles in hartseer probeer keer
maar klaar swem twee oë
wanneer die hart stil ween
en ruk jou hart aan ń teerheid
wat jou omvou om haar net styf vas te hou
weet jy in stilte veg sy die stryd
want diep skuil die verlange
en wonder jy waarom gedagtes
nie gelees kan word nie
wroeg jy saam die stryd
sonder ń enkele woord
bedink jy haar lewe
sou dit dalk anders verloop
saam sal ek jou seer met my dra
want hierdie verstaan van jou
so stoksiel alleen in die stryd
weet waardeur jy gaan
al lyk dit nie altyd so nie
is daar niemand wat meer verstaan
as juis ek wat ander stryde alleen moes veg
meskien nie dieselfde as jy nie
maar geen stryd wat iemand voer
is groter of kleiner as ń ander nie
wanneer dit die hartsnare pluk
en die verlange aan jou torring
en die stryd alleen geveg word
is dit presies dieselfde hart
want daardie hart dra liefde
wat geen klipharde hart
kan raaksien nie..
Dan bly net Jesus die antwoord
wat genesing kan gee vir vrede
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.