inkyk of uitkyk
uit die mymering van my siel
kom jou vrolike ogies na vore
jy was altyd so lewenslustig
net om na jou te kyk ‘n plesier
soms droom ek nog van jou
jou weerbarstige bruin krulle
onnutsige glimlag en sproete
ook jou ernstige oomblikke
uit my skuiling as introvert
was jou bestaan ‘n reënboog
wat ek kon aan en afskakel
volwassenheid het my bereik
ineen gekrimp het my gees
dat jy so vroeg al heen was
my wildste drome tot niet
maar nie deur verdriet nie
slegs maar ‘n ewige gemis
helder in my kop die lied