Jongste aktiwiteit:

Die teken

Die teken

Na die reën
se geween,
dans koringare
en mielieblare
sonneblom poppies
en roosknoppies
jongosgras
en glinster vlas
vrolike kinders
en dartelende vlinders
in een akkoord
onder die prismapoort

‘n geskenk van genade
vir ‘n vrugbare aarde
‘n verbond gesluit
vir altyd
‘n teken van seën
na die reën.

***Neologisme: prismapoort

C Diederiks ©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed