Kraak In Die Muur
Die kraak in ons muur
word by die dag groter –
‘n afgryslike skeiding
oneweredig gebars van bo
tot onder.
Jare se gebeitel
en pleister
het dit net nog groter gemaak,
en ek wonder hoe lank nog
voordat hierdie kraak
‘n kloof word
met jou aan die een kant
en ek aan die ander
en tussen ons
‘n skreeuende niksheid…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.