Ek het hemel gekies
Jy het my hemel gewys
maar ek het hel gekies:
op my eie gebrekkige manier
het ek probeer deal met die lewe.
Sò het ek bestaan
maar nie geleef nie
opgestaan maar bly lê
gepraat maar niks gesê nie.
Jy het my hel gewys
en ek het hemel gekies.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.