Jongste aktiwiteit:

Ek gebruik nie ooit die woord nooit nie

Jou arms het te kort geword
om my vas te hou
die spykers in jou mond het
my soene begin afweer.

Ons eens
akoestieke kommunikasie kanale
is nou net
‘n aanhoudende leë ego.

Ek het my gewete verkrag
sewe maal sewe keer
en die passie-vuur van begeerte
wat op ‘n tyd vir jou gebrand het
in die gange van my gedagtes
is nou slegs uitgebrande grys as.

Ek weet dat ons nooit was
of kon wees nie
en ek gebruik nie
ooit die woord nooit nie.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak