
tergende liedjie
–
die branders terg my
elke uitspoel soompie
wit borrelende skuim
baken elk sy eie strepie
–
die diepste verlange
ver van my is U nou
eeue ver verwyder
net waar liefde skyn
–
Meester diep verlange
U stem wil ek nog hoor
weergalmende wysie
skreiend kerf die note
–
©Tearlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.