Saamsleep |© Ricco |
Die branders trek
tot anderkant laagwater
hul soutwaterkloue
oor die sand –
dit herinner aan jou
wat eb en vloed
my lewe in en uit
en nie vastrap soek
sodat `n bietjie mos
houvas kan kry nie:
die gehardloop
sal nie uitkoms bring nie;
die monsters wat jaag
is verskuil in `n eie skadu
wat jy op en oor elke voetpad
met jou saamsleep –
selfs al hardloop jy.
| © Ricco |
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HENN
Pragtig dankie