Magtige dreuning
Magtige dreuning
Brons afdeling
Hoor jy die magtige dreuning
weerlig wat hard ree”n aankondig
ons dank God vir ondersteuning
die riviere praat mondig
waterfors met volle mag
meer Ree”n gee krag wat voort stoom
strate word riviere prag
stroompies nou met bome wat oorloop
dankbaar staan boer op sy plaas
dominee bel vir dankbetyg diens
ree”n voort, sinkdakke wat raas
waterfors tot op tv te sien
Voertuie vloei af straat soos n’ boot
water in volle mag met krag
mens besef weer water sterk
waterfors tot bure weggestoot.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek