Jongste aktiwiteit:

Puisies

dié berg punt
lok professionele rotsklimmers
en roeklose amateur stappers
wat ń spits wil oorwin

stadig steek die son geel uit
met die basis bloed rooi
bo die landskap
ń Kilimandjaro* punt

die spits flits
roekelose uitdagings
kom druk verby die seer
dat die bloed spat

maters druk
vir klein spits oorwinnings
hul naels gly oor my nerwe
en laat net seer

© Koos Elsum

*Kilimandjaro is ‘n bergmassief in Afrika wat in die noordooste van Tanzanië naby die grens met Kenia geleë is. Met sy hoogte van 5 895 meter is dit die hoogste berg in Afrika, asook die hoogste alleenstaande berg ter wêreld.

Wikipedia




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed