Jongste aktiwiteit:

Panorama (Goud)

Berg-op, by ‘n uitkykpunt
was daar so ‘n tikkie deja vu
die herontdekking van die mooi
was asemrowend,
net soos ons dit toekatyd beleef het,
maar so baie het verander
en die mistige onthou
was net effentjies nostalgies,
eintlik glad nie blou nie,
want in my leef die wete
jy gaan waar jóú kompas lei
en ék het ook die ruitverwysing
na my hart se huis gekry

©️ Elize Kruger




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed