klokkespel
beuelblaser luister nou
na die klokkespel van die lewe
met eervolle vermelding
blaas jy jou eie basuin
‘n hartseer basaan
voorspel tot jou laaste spel
die klokkespel gaan voort
lewens kom en gaan soos dit hoort
dit wat was word vervang deur die hede
vandag se musiek bepaal die wysie
die kadens van wat nog kom
blaas jou beuel ten volle
speel vandag in jou kariljon
geniet die dawerende applous
ontvang en gee eer waar dit toekom
een van die dae lê jy ook agter
in die lewe se noteboek
prysenswaardig bejaard
© Tearlach.
(Kariljon – ‘n Klokkespel met verskillende tone.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.