Jongste aktiwiteit:

DV

 

deo valente

as dit God se wil is

 

jy wat sê:

vandag of more sal ons

na hierdie of daardie plek toe gaan

jy wie nie eers weet hoe jou lewe mōre sal wees nie

jy moet liewer sê:

as die Here wil sal ek dit of dat doen

 

‘n siening wat deur sekularisasie

wêreld gelykvormig gemaak word

in godsdienstige skeptisisme verander

sagte sekularisasie verander spoedig

in totale sekulêre beheer wat oor;

wie, wat en wanneer jy mag aanbid wil heers

 

godsdiensinstelling moet beperk word

geen godsdiens in ons skole meer nie

geen godsdiens in openbare plekke

godsdienstige oortuigings mag nie

openbare moraliteit vorm nie

God word uit openbare ruimtes verban

 

vandag se sekularisasie

beteken dat jy jou geskiedenis

en jou erfenis moet ontken en verlaat

saam met sogenaamde hervorming

alles wat goed was nou verloën

omdat dit nou polities korrek is

 

ware Christene sal dit nie aanvaar nie

hulle sal Hom getrou op elke terrein volg

hulle sal hulself daaraan toewy om sout en lig

vir die veranderende wêreld te wees

hulle sal hulself modelleer

op die waardes van

Jesus Christus

alleen

 

© Tearlach.

(No man is an island – Johm Donne)

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed