Jongste aktiwiteit:

Gedagteflits oor Amakeia

(Met respekvolle erkenning aan die
‘Minnesanger van die Suikerbosrand’
en deurentyd gedagtig aan Johannes15:13)

In die vroegbreek van die donker
was jul tweetjies nie te skei
toe die spiese van die horde
vlymskerp deur jou liggaam sny,

want getrou aan jou belofte
op ‘n sterwend’ moeder-smeek,
offer jy jou moeë liggaam
vir die assegaai se steek!

In jou Amatola-klowe
-waaroor wind en weer karos-
wei steeds bosbokooitjies
in jou digbegroeide bos

en ‘wyl die Kei gekronkeld vloei
hoor mens sag steeds in die wind
deur die Amotola-klofies
“Tula-Tula…stil my kind…”




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed