Jongste aktiwiteit:

Petrichor geliefde, gehate reuk van reën – (Silwer)

Die wolke toon belofte. Ek maak my oë toe en asem die reuk van hemel op aarde behaaglik in.

Dit kom nestel in alle holtes, verslawend, die reuk van reën.
Die geplof van die eerste druppels op die omgeploegde land polka in my hart. Dit voer my terug na my finale jaar op universiteit…

“Bokka, Pa is jammer,” Pa se stem was skor.
“Pa?” die res van my woorde het in my keel vasgesteek.
“My kind, as die reën nie betyds gaan kom nie, sal ek nie jou universiteitsrekening kan betaal nie,” het Pa dit uitgewurg.

Finalejaar, BSc Agric. Here! gee my krag? Nee, gee Pa reën? Gee Hoogenest reën!

Die Jacaranda-blomme verpers die sypaadjies van Pretoria. Dis eksamentyd. Die reuk van petrichor hang in die lug. Dit gaan reën.

“Oproep vir Van Deventer,” roep die eerstejaar oor die koshuis-interkom.
Ek hardloop die trappe twee-twee af.
Ma snik so dat ek niks kan hoor nie. Ek hou my asem op. Dan kom haar woorde weer, die keer duideliker, meer samehangend.

“Die reën, my kind, Die reën het gekom! Jou pa se hart was te vol, hul kon hom nie red nie,” sterf haar stem weg.

Petrichor geliefde, gehate reuk van reën.

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed