siklus
vandag se saad is mōre se koring
in die Swartland se baarmoeder lê jy
saggies maar seker ontvou jou eerste lewe
dring dit deur die dorre kors nab owe
wag dit op die reëndruppels
wat lewegewend opdaag
om jou barendsnood
te verlig en saad
in groen welige
koringplante
te verweef
terloops
groei jy saadling
in weligheid van loof
groei jy met vereiste tred
om tyd uit te koop tot are vorm
are wat weer volwasse saad kan skiet
so volg siklus op siklus van lewe
gegewe van ons Meester
in allermagtige wysheid
onuitputlike bron
van ware Lig
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.