Jongste aktiwiteit:

Ware Liefde

“n Versugting- ‘n droom:)

Hoe onromanties is die werklikheid tog!
In my verbeelding sal die man van my drome
met sy diepblou poele oë
My oë gevange hou
En sy sterk, bruingebrande arms beskermend om my vou.
Ek sal al sy aandag kry.
My geluk maak hom baie bly.
Ons sal mekaar se beste vriende bly.
Geheime geskenkies sal hy wegsteek net vir my.
Ek sal gereeld groot bosse blomme kry
En Lindt sjokolade ook daarby.
Hy sal baie, baie lief wees vir my
en saam hartseer wees as trane oor my wange gly.
Daar sal ‘n opwindende verwagting in die lug om ons wees.
Ons lewe saam ‘n sprokie- ‘n ware fees!
Ai dit is ‘n lekker droom…
dink ek terwyl ek vinnig manlief se broek omsoom




4 Kommentare

  • Viooltjie

    Hehe, die wrede werklikheid😊 liefde is harde werk, lyk dit my

  • Toom

    Om by Viooltjie aan te sluit...: Hier by ons is daar vir die skoolkinders sulke ,tongbrekers'. (Is dit die regte woord?) ° Bloukool bly bloukool en bruidkleed bly bruidkleed. (Blaukraut bleibt Blaukraut und Brautkleid bleibt Brautkleid) Maar menige vrouens sê: ° Brautkleid bleibt Brautkleid und Plettbrett bleibt Plettbrett. (Bruidkleed bly bruidkleed en strykbord bly strykbord.) ,... terwyl ek vinnig manlief se broek stryk... / ...sy hemp was... / sy kos gaarmaak...' Maar daar's troos: Die liefde loop mos deur die maag! Skamele troos, nè? Groetnis fanToom

  • Linnie van Niekerk

    Dit is reg ja Toom, ek het vergeet die kortste pad na 'n man se hart loop deur sy maag!

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed