Jongste aktiwiteit:

Alles Het Nie Verander

Alles Het Nie Verander

Uitdrukkings raak verouderd want
tye verander alles raak moderner
maar nie alles verander nie—
Die liefde het nie verander nie en
die oë lonk en lag nog soos van ouds
ook haat afguns en nyd is onveranderd
want die oog se woede nyd en veragting
skroei en blits oor geslagte heen op
dieselfde lees geskoei—
Het jy nie ‘n wa-benz wens jy vir enige ryding
Die os is nog op die ploegland en
die donkiekar rustig leisels in die hand,
wyl die kers en die olielamp betroubaar
wag vir elke kragramp—
Dis bloot gemaksug, gerief, en gejaag
om tyd wat die concorde die lug laat klief—
Modesiklusse verander alklaps jaarliks
en oues vergaar en wag hoopvol in die kas—
Hoe jy jou dinge sê of doen is relevant
tot die tydgleuf van jou bestaan—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed