Jongste aktiwiteit:

Verlange

VERLANGE

In my verbeelding sien ek die lyne van jou figuur afgeëts in die hoek van ons kamer.
Duidelik sien ek in my geestesoog jou ligbruin hare en jou ligbruin oë.
Dat ons uurglas saam uitgeloop het is so jammer.
Ons het saam gehuil, saam gelag en in God geglo.

Ek weet jy is gelukkig waar jy nou is.
Dit is net jou dop wat lê daar in jou kis.
Dit is nie dat ek ondankbaar is….
Dit is net dat ek jou so vreeslik mis.

Daar is ‘n tyd vir kom en ‘n tyd vir gaan.
Daar kom ‘n tyd wat jou hart net stil gaan staan.
Die wind waai, die son skyn, hier en daar val ‘n traan.
Maar tussen alles deur gaan die lewe aan.

Ek bid dat die Here my hand sal vat en sal lei voorentoe op my lewenspad.
Totdat ek my oë sal oopmaak waar jy nou is
en sal vaskyk in jou laggende, sagte bruin oë
wat ek nou so mis.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed