Die laaste myl
Die laaste myl
Sou ek kon sing sou ek n liedjie vir jou bring.
Met beperkte woorde, probeer ek om vir jou n storie te vertel.
Elke pad het ñ naam, dit is waarheen jy moet gaan.
Soveel kere is die pad kort, lank, wild of woes.
Die laaste myl op elke pad, bly bitter vêr.
Hier sit ek tans, met geen moed of krag, probeer om hierdie myl aan te pak.
Wanneer jy alleen raak hier lang die pad, kyk dan uit want nog iemand stap ñ lewenspad.
Die laaste myl bepaal nie wie gaan wen, maar eerder, “kom jy heel by jou bestemming”
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.