Spoor na laase kans
Spoor na laaste kans
Op die spoor van weer begin, staan ek en wag vir die trein na laaste kans.
Is hy reeds verby, of staan ek dalk nog ‘n kans? Het ek die keer dalk verspil?
Met ‘n tas vol hoop weet ek: hierdie kaartjie is-nie te koop. Die kans is groot dat ek die pad sal moet loop.
Net voor donkeruur hoor ek die geluid van yster skier..
Die trein na laaste kans is hier.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.