Hart vir die Karoo
Soveel keer word ek stil en droom van ’n lewe teen die hange van die Outeniqua-berge van die Klein Karoo.
Waar harte van kuns leef en die Kangogrotte harte betower.
Om die draai van die Knysnawoud, daar waar ’n siel rus vind.
Klein Karoo, ek voel elke tree op jou velde, voel die grootheid van jou berge.
Sou die Here wil, hoop ek ek vind myself eendag tussen jou berge.
My hart klop kuns, my wese soek net vrede, daar agter die Outeniqua-berge.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.