koester
van die lewe se konsert
kry niemand ‘n program nie
om koesterend te leef is genade
genade ontvang en weer gegee
stille liefde sonder woorde
‘n drukkie hier en daar
maak koesterende
lewe waar
belê daarin
koester die oomblikke
wat nooit weer op jou pad
sal verskyn met dieselfde liefde
ongekoopte liefde – uit die hart
ongevraagde koesterende
menswees van nature
so, sonder inhibisie
en sonder verwagting
net bloot liefde
wat jouself
verklein
en Hom
vergroot
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.